s
sunettadded this to Resepte
Outydse karringmelkbeskuit

Bestanddele

3 pakkies bruismeel (500g)
500g margarien/botter
3 eiers
500ml karringmelk
1 teelepel koeksoda (Opsioneel)
1 ½ koppies suiker
1 teelepel sout

Smeer oondpan / groot bakpan goed

Metode

Smelt margarien/botter oor lae hitte. (Of gebruik ’n glasbeker in die mikrogolfoond vir ± 2-3 minute op hoog.)
Klits die eiers deeglik en voeg die suiker geleidelik by. Klits goed tot romerig.
Voeg karringmelk en gesmelte margarien/botter by en klits deeglik.

Sif die bruismeel, koeksoda en sout saam.

Voeg die karringmelkmengsel by en meng goed deur met ’n houtlepel.
Knie nou die deeg deeglik deur vir ’n paar minute.

Knyp stukkies deeg af en vorm vuisgrootte bolletjies. Pak die deegbolletjies in die gesmeerde oondpan (so drie in ’n ry) en nie te styf nie – laat ’n spasie van ongeveer 1cm tussen elk sodat dit kan uitrys.

Bak ± 35 minute @ 180⁰C (350⁰F) totdat ’n oondpen skoon uitkom.

Laat die gebakte beskuit afkoel in die oondpan. Neem dan elke bolletjies en sny net die buitenste korsie met ’n skerp messie – breek die res van die beskuit in porsies.

Pak terug in die oondpan op rakkies en laat oornag uitdroog in die warm oond of op ’n baie lae hitte in die oond vir 3-5 uur.

Lekker smul!


Die Besige Huisvrou

Outydse karringmelkbeskuit Bestanddele 3 pakkies bruismeel (500g) 500g margarien/botter 3 eiers 500ml karringmelk 1 teelepel koeksoda (Opsioneel) 1 ½ koppies suiker 1 teelepel sout Smeer oondpan / groot bakpan goed Metode Smelt margarien/botter oor lae hitte. (Of gebruik ’n glasbeker in die mikrogolfoond vir ± 2-3 minute op hoog.) Klits die eiers deeglik en voeg die suiker geleidelik by. Klits goed tot romerig. Voeg karringmelk en gesmelte margarien/botter by en klits deeglik. Sif die bruismeel, koeksoda en sout saam. Voeg die karringmelkmengsel by en meng goed deur met ’n houtlepel. Knie nou die deeg deeglik deur vir ’n paar minute. Knyp stukkies deeg af en vorm vuisgrootte bolletjies. Pak die deegbolletjies in die gesmeerde oondpan (so drie in ’n ry) en nie te styf nie – laat ’n spasie van ongeveer 1cm tussen elk sodat dit kan uitrys. Bak ± 35 minute @ 180⁰C (350⁰F) totdat ’n oondpen skoon uitkom. Laat die gebakte beskuit afkoel in die oondpan. Neem dan elke bolletjies en sny net die buitenste korsie met ’n skerp messie – breek die res van die beskuit in porsies. Pak terug in die oondpan op rakkies en laat oornag uitdroog in die warm oond of op ’n baie lae hitte in die oond vir 3-5 uur. Lekker smul! Die Besige Huisvrou

fbcdn.net

View on fbcdn.net