s
sunettadded this to Resepte
GEMMERBIER
Maak: 3-4 bottels
Bereidingstyd: 20 minute, plus staantyd
Kooktyd: 10 minute

• 635 g (750 ml) suiker
• 15 ml fyn gemmer
• 7 g droë kitsgis
• 12 sultanas

1 Verhit die suiker en 2 1/2 liter water in ’n kastrol. Roer tot die suiker opgelos het en haal van die plaat af.

2 Voeg twee liter koue water by en roer die gemmer by.

3 Laat die vloeistof afkoel tot lou-warm en gooi dan 125 ml daarvan in ’n bak. Voeg die gis by en roer tot opgelos. Roer dit by die res van die vloeistof.

4 Gebruik ’n tregter en gooi die vloeistof in skoon, gesteriliseerde bottels met skroefdoppies. Gooi ’n paar sultanas in elke bottel.

5 Draai die bottels styf toe en laat staan vir omtrent 24 uur by kamertemperatuur. Sit dan die bottels in die yskas. Wanneer die sultanas boontoe dryf, is die gemmerbier reg om te drink.

Resepte uit toeka se dae

GEMMERBIER Maak: 3-4 bottels Bereidingstyd: 20 minute, plus staantyd Kooktyd: 10 minute • 635 g (750 ml) suiker • 15 ml fyn gemmer • 7 g droë kitsgis • 12 sultanas 1 Verhit die suiker en 2 1/2 liter water in ’n kastrol. Roer tot die suiker opgelos het en haal van die plaat af. 2 Voeg twee liter koue water by en roer die gemmer by. 3 Laat die vloeistof afkoel tot lou-warm en gooi dan 125 ml daarvan in ’n bak. Voeg die gis by en roer tot opgelos. Roer dit by die res van die vloeistof. 4 Gebruik ’n tregter en gooi die vloeistof in skoon, gesteriliseerde bottels met skroefdoppies. Gooi ’n paar sultanas in elke bottel. 5 Draai die bottels styf toe en laat staan vir omtrent 24 uur by kamertemperatuur. Sit dan die bottels in die yskas. Wanneer die sultanas boontoe dryf, is die gemmerbier reg om te drink. Resepte uit toeka se dae

fbcdn.net

View on fbcdn.net